Thursday, August 28, 2008

Donderdag 28 Augustus 2008 10h25

Ek het Colleen Woensdagmiddag gaan besoek. Sy het haar oe oopgemaak toe ek met haar gepraat het. Ek het gese "Colleen kan jy my sien" en sy het daarop gereageer, deur haar oe oop te maak en vir my te kyk. Ek het ook vir haar gese as sy my kan hoor moet sy my hand probeer druk, en waarlik waar het ek 'n ligte drukkie gevoel. Ek is oortuig daarvan die sy my wel kon hoor. Die longe bly steeds 'n probleem en ons vertrou dat dit vinnig beter sal gaan. Die tragie maak dit darem baie gemakliker vir haar in die sin dat sy nie meer die pyp in haar mond het nie. Asgevolg van die insit van die tragie is sy nou nog onder sedasie. Die herstel gaan 'n lang proses wees en elke dag gaan ons 'n trappie voorentoe. Ons moet geduldig wees en aanhou glo en vertrou.
Daar is soveel mense wat elke dag bel,met bemoedigende woorde of wat net wil se dat hulle aan haar dink. Dit trust is 'n toonbeeld van Colleen se gewildheid en hoeveel mense lief is vir haar, dit is net ongelooflik. Baie dankie aan almal wat Colleen bystaan deur hierdie moeilike tyd.

No comments: