Thursday, September 11, 2008

COLLEEN IS BY DIE HUIS


Colleen het gistermiddag uit die hospitaal gekom en is tans by die huis Sy lyk al baie beter, en daar is merkbare vordering tov die feit dat sy minder deurmekaar praat. Sy kla konstant van hoofpyn, maar dit sal met die verloop van tyd verbeter. Sy is baie rustiger vandat sy by die huis is. Daar is egter iemand wat haar 24 uur van die dag oppas ter wille van haar eie veiligheid. Van tyd tot tyd is sy nog bietjie dronk in die kop, maar ten spyte daarvan stap sy rond. Dit is merkwaardig om te sien hoe sy herstel het van haar ongeluk. Dit is moeilik om te glo dat dit die selfde persoon is wat onlangs nog aan 'n ventilator gekoppel was.

Sy het vandag weer besoekers gehad en het lekker met hulle gekuier. Sy is tans in die bed baie besig met haar selfoon om SMS'e te stuur. Moet dus nie verbaas wees as sy dalk van haar laat hoor nie. Ek het ook pas verneem dat haar hoofpyn vandag baie beter is.

Tot later
Dirk

Tuesday, September 9, 2008

Colleen Gaan Huistoe !!

Colleen gaan more huistoe. Die dokter het voorgestel dat Colleen huistoe moet kom en dat Johann liewer iemand moet kry wat na haar kan omsien by die huis. Die dokter is bang dat sy depressief gaan raak in die hospitaal omdat sy nie daar wil bly nie. Sy kan by die huis ook aansterk en rus. Sy het op hierdie stadium nie verpleeging nodig nie, maar wel iemand om haar op te pas. Sy sal steeds arbiedsterapie en spraakterapie ontvang. Ons vertrou dat die bekende omgewing sommer baie gaan bydra tot 'n spoedige herstel. Ek sal steeds elke dag rapporteer op die blog oor haar vordering en hoe dit met haar gaan.

Ek wil weereens almal bedank vir alles wat hulle gedoen het om Colleen te ondersteun in hierdie moeilike tyd. Baie dankie vir alle skenkings aan die Colleen Loubser Trust. Dit word opreg waardeer. Baie dankie ook vir al die sms'e en oproepe en belangstelling dit beteken baie vir ons as familie, Johann en Melt.
Groete tot more
Dirk

Tuesday

Colleen has been moved to intercare in durbanville for the next four weeks ,she is doing well and all she wants to do is GO HOME .

if you go and visit her ,she will want to go home with you and dont be surpised she has her bags packed and waiting ......
it is amazing to she how colleen is recovering and getting stronger everyday .



paulette

Monday, September 8, 2008

Maandag 8 September 2008 10h30

As julle Colleen besoek, gaan sy in alle waarskynlikheid vir julle vra om vir Johann te bel terwyl julle daar is. Moet asb nie bel nie. SĂȘ dat julle nie 'n selfoon by julle het nie. Die rede is dat sy nie daar wil bly nie en aanmekaar wil bel om te vra wanneer ons/Johann haar kom haal.

Groete Dirk

Sunday, September 7, 2008

Sondag 7 September 2008 10h30


Ek en Christa was vanoggend by Colleen. Ons het haar gekry in die eetkamer waar sy in 'n stoel gesit en slaap het. Die eerste ding wat sy gevra het is of ons haar nou kom haal. Sy se" Ek kan nie hier bly nie, die mense is nie soos ek nie, ek wil liewer by die huis gaan slaap". Toe ons in die saal kom nadat ons koffie gedrink het, het ons al haar goed gekry in sakke. Skynbaar het sy alles reeds ingepak sodat sy kan huistoe gaan. Hoewel sy ons almal herken, is sy maar baie deurmekaar. Sy wil met alle geweld vir haar 'n nuwe perdrybroek gaan koop asook die vrou gaan sien wat haar, Johann en Barbara se baadjies moet maak vir die UK vakansie. Dit is maar nie maklik nie, veral nie om haar so te sien nie. Sy kla haar kop is baie seer asook haar gesig. Dit is maar baie geswel en gaan nog 'n hele tyd neem voordat dit gaan verbeter.
Foto: Colleen besig om foto's te wys vir een van die verpleegsters

Sy kry medikasie vir die pyn en swellings asook iets om haar meer rustig te hou. Rus sal help om die herstelproses te bespoedig. Sy het steeds geen rekolleksie oor die gebeure nie, sy wil ook niks weet van wat gebeur het nie. Dink asb steeds aan haar en bid asb steeds vir haar, sy het dit baie nodig. Ons kan maar net vertrou dat sy volkome sal herstel. Besoek ure is 15h00 tot 16h00 en saans vanaf 19h00 tot 20h00. Gaan loer gerus in by haar. Groete Dirk