Tuesday, August 26, 2008
Dinsdag 26 Augustus 2008 10h10
Dit gaan baie goed met Colleen, sy is besig om baie goeie vordering te maak. Ons is so dankbaar daarvoor. Sy is steeds op die ventilator, maar hulle is besig om haar te speen. Sy haal self asem maar hulle gebruik nog die ventilator om haar te ondersteun. Sy maak haar oe oop en hou selfs Haar kop vas as sy pyn het. Sy kry egter medikasie vir die pyn. Daar is ook 'n sterk moontlikheid dat sy ons dalk mag begin herken. Dit is regtig wonderlike nuus, en ons is baie dankbaar. Baie dankie aan almal vir julle ondersteuning en gebede, hou so aan ons het dit steeds nodig.!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment