Thursday, November 6, 2008

Donderdag 6 November 2008

Colleen se operasie was suksesvol en Dr Coetzee is tevrede. Sy is in ICU, lyk natuurlik nou nie op die oomblik so goed nie, maar hopenlik sal dit vinnig verander. Volgens Dr Coetzee mag sal dalk reeds oor die naweek weer by die huis wees. Baie dankie vir almal se belangstelling gedurende hierdie moeilike tyd. Ek sal gereeld nou weer terugvoering gee so hou maar die blog dop. Groete Dirk

Tuesday, November 4, 2008

Dinsdag 4 November 2008

Die dag het uiteindelik aangebreek !! Colleen gaan more oggend 07h00 in vir haar operasie by die Milnerton Medi-Kliniek. Dr Coetzee, die neurochirurg wat haar die eerste keer geopereer het, gaan die gedeelte van die skedel weer terug plaas. Colleen is redelik angstig vir die operasie so dink maar aan haar more !! Dit blyk nie na 'n te moeilike prosedure te wees nie so ons vertrou dat dit goed sal gaan en dat sy vinnig by die huis gaan terug wees vir herstel. Hou die Blog dop vir verdere inligting na die afloop van die operasie.

Groete Dirk