Hiermee wil ek graag almal op hoogte bring met Colleen se vordering. Vandat sy by die huis gekom het, het sy sommer vinnig vordering gemaak. Haar neurologiese toestand het ongelooflik verbeter. Sy het egter nog steeds die dronk kop en raak steeds gou moeg. Die meeste mense het seker teen hierdie tyd al met haar gepraat of haar reeds besoek. Ek dink Colleen is baie gelukkig om so spoedig te kon herstel, dit is 'n absolute wonderwerk en 'n genade. Ek het verskeie artikels gelees oor mense wat soort gelyke ongelukke gehad het. Ek het ook mediese artikels gelees oor verskillende brein beserings en die ooreenkomstige prognoses.
Dit kon veel erger gewees het met 'n baie langer herstel proses. Daar is soveel wat kon verkeerd gegaan het. Ons is egter dankbaar dat dit nie gebeur het nie en dat sy so lig van dit afgekom het. Sodra sy genoeg aangesterk het, en die neuroloog tevrede is, sal sy gaan vir die volgende operasie om die opening in die skedel weer toe te maak.
Hou maar die blog dop vir verdere nuus. Groete tot volgende keer!!! Dirk