Colleen is Sondag die 9de ontslaan en sterk tans aan by die huis. Sondag en Maandag was minder aangenaam asgevolg van die antibiotika wat haar vreeslik naar gemaak het. Sy het regtig baie siek gevoel en gevolglik het die dokters aanbeveel dat sy die medikasie stop. Gister en vandag voel sy 'n ander mens!! In haar eie woorde gister " ek voel soos ek gevoel het voor die operasie". Ons is baie dankbaar dat dit so goed verloop het tot dusver.
Sy moet dit maar nog rustig neem en haarself nie te veel vermoei nie. Hoewel sy elke dag opstaan, vang dit haar egter as sy te lank op die been is. Die steke behoort iewers volgende week ook uit te kom. Baie dankie aan almal wat haar so wonderlik ondersteun het, sy waardeer dit opreg !! Hou maar die spasie dop vir verdere nuus !! Baie Groete Dirk !!
Wednesday, November 12, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)