Net 'n vinnige update oor Colleen. Dit gaan baie goed met haar, hoewel sy steeds nog baie gou moeg raak. Sy kla steeds van hoofpyn, asook dat sy meer gevoel begin terug kry in haar kop. Volgens haar voel dit of dit meer lewendig raak. Die swelling is ook nou bykans heeltemal weg. Die opening inhaar skedel is nou duidelik sigbaar vandat die swelling gesak het. Neurologies dink ek het sy goed gevorder. Haar geheue blyk heel goed te wees en sy kom normaal voor. Sy het begrip vir haar omstandighede en haar beperkinge.
Colleen het 'n afspraak by die Neuroloog eerskomende Vrydag. Ons wag inspanning om te hoor wat hy gaan se oor haar vordering en die moontlikheid van die volgende operasie. Sy hoop dat dit gou sal wees sodat sy, weer vinnig gesond kan raak. Dit sal ons egter eers Vrydag kan verneem. So hou dus maar die blog dop vir verdere nuus!!!!
Sy het 'n koordlose telefoon so julle is welkom om haar te skakel en self 'n bietjie met haar te gesels. Tot Later. Groete Dirk
Monday, September 29, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)