Ek was op ‘n fietsry rit toe Colleen die ongeluk gehad het, met my aankoms hier was ek uiters geskok oor wat gebeur het. Ek het nie op daardie stadium geweet hoe ek dit finansieël en emosioneel gaan verwerk of hierdeur gaan kom nie. Ek het geensins verwag dat almal hulle harte en beursies so sou oopmaak teenoor ons nie. Ons waardeer dit regtig baie!!
.
Dit is onmoontlik vir my om almal te bedank vir die ongelooflike wyse waarop hulle die Colleen Loubser Trust geondersteun het ten einde te verseker dat Colleen die beste mediese behandeling kan kry. Die afgelope tyd was baie stresvol en dit was net onmoontlik vir my om alle SMS’e en telefoonoproepe te antwoord. Die oproepe en SMS’e het egter ontsettend baie vir my beteken. Ek het berus dat almal besig was om vir haar te bid in hierdie moeilike tyd. Sonder u gebede en positiewe denke sou Colleen nie gewees het waar sy vandag is nie.
Daar is heeltemal te veel mense om almal individueel te bedank, tog is daar egter ‘n paar mense wat ek wil uitsonder. My swaer, Dirk vir die blog wat hy geskep het en Paulette vir die vertaling in engels elke dag. Mike en Paulette vir dit wat hulle gedoen het om haar oorgeplaas te kry na die Milnerton Medi-Kliniek. Hulle het ook die Colleen Loubser Trust gestig met behulp van ‘n prokureur. Dankie ook aan Anton en Felicity wat gereël het vir die Neurochirurg en aan Susan vir al haar liefde en ondersteuning. Ook ‘n spesiale dankie aan al die “Girls” wat die veiling georganiseer het ten bate van die Trust
My seun Melt en Annelize, baie dankie!! Julle was my rots deur hierdie moeilike tyd dankie vir julle liefde en ondersteuning. Aan die res van die familie, julle was wonderlik, dankie vir alles.
Dan laaste, maar nie die minste nie, wil ek graag al die ander bedank. Dankie vir alles wat julle gedoen het en steeds doen. Colleen se pad na herstel is nog lank. Dit is wonderlik om te weet dat ek steeds kan staatmaak op julle ondersteuning, glo my dit beteken baie!
Al wat ek nog kan sê is net “ DANKIE, DANKIE, DANKIE.”
Johann