Friday, September 5, 2008

Vrydag 5 September 2008 16h30

Colleen het vanmiddag die Milnerton Medi-Kliniek verlaat nadat sy daar was vir die afgelope 14 dae. Dit is 'n wonderlike gebeurlikheid en ons kan net dankbaar wees dat haar herstel proses sover gevorder het. Sy is tans in die "INTERCARE SUB ACUTE HOSPITAL" (5de vloer) in Tygervallei. Hulle spesialiseer in versorging asook rehabilitasie. Hier kan sy die nodige hulp soos spraakterapie en fisioterapie ontvang. Sy bly steeds onder behandeling van die neuroloog, Dr Coetzee wat haar in die Medi kliniek behandel het. Sy sal ten minste vir die volgende 4 weke hier bly afhangende van haar vordering.

Op hierdie stadium is sy nie baie gelukkig om hier te bly nie, volgens haar is sy gesond en is dit dus glad nie nodig nie. Haar kop is nog maar baie geswel maar dit sal metertyd verbeter. Sy het nou baie ondersteuning nodig en almal moet maar verdraagsaam wees met haar vir die volgende paar weke.

Die besoektye aan die hospitaal is daagliks tussen 15h00 en 16h00 asook 19h00 tot 20h00 in die aand. Sy is nie meer in 'n privaatkamer nie, maar deel 'n saal met ander pasiente. Naaste familie en vriende is welkom om haar te gaan besoek. Sy het die stimulasie en geselskap nodig. Tog wil ek net 'n vriendelike versoek rig dat ons haar nie te veel vermoei nie. Sy het ook die rustigheid en kalmte nodig vir 'n spoedige herstel.
Tot later !! Groete Dirk

No comments: