Tuesday, September 2, 2008

Dinsdag 2 September " Wonderlike Nuus"

Johann was vanmiddag by Colleen. Alles is afgehaal behalwe vir 'n pypie in die neus wat vir haar nog vog gee. Sy het selfs yogurt gegeeet. Haar tragie is toegeplak so sy kan praat. Sy herken vir Johann en Melt en sy weet dat ek haar broer is. Net gister het ek nog getwyfel of sy my wel herken. Dank die liewe Vader daarvoor!. Daar is 'n moontlikheid dat sy na 'n gewone saal geskuif kan word binnekort. Ons is baie verheug en dankbaar oor hierdie nuus. Dankie vir almal se ondersteuning ons waardeer dit baie. Ek sal more weer rapporteer oor wat intussen gebeur het. Groete Dirk

No comments: