Monday, September 1, 2008
Maandag 1 September 2008 11H00
Ek het nou by Colleen gaan inloer, sy was in die stoel en is heeltemal van die ventilator af. Haar hande is steeds vas, hieroor is sy nie baie gelukkig nie. Sy het vir my gese " haal dit af" terwyl sy probeer het om uit die stoel op te staan. Dit is veral vir my verblywend dat sy wel praat, al kan ons haar nie hoor nie. Hoewel sy wakker is, kan ek sien dat sy baie gou moeg raak, veral as sy so 'n bietjie gestoei het om uit die stoel te probeer kom. Elke dag gaan dit beter en dit is die belangrikste. Ons kan maar net dankbaar wees en hoop en vertrou dat sy spoedig sal herstel.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment