Thursday, September 11, 2008

COLLEEN IS BY DIE HUIS


Colleen het gistermiddag uit die hospitaal gekom en is tans by die huis Sy lyk al baie beter, en daar is merkbare vordering tov die feit dat sy minder deurmekaar praat. Sy kla konstant van hoofpyn, maar dit sal met die verloop van tyd verbeter. Sy is baie rustiger vandat sy by die huis is. Daar is egter iemand wat haar 24 uur van die dag oppas ter wille van haar eie veiligheid. Van tyd tot tyd is sy nog bietjie dronk in die kop, maar ten spyte daarvan stap sy rond. Dit is merkwaardig om te sien hoe sy herstel het van haar ongeluk. Dit is moeilik om te glo dat dit die selfde persoon is wat onlangs nog aan 'n ventilator gekoppel was.

Sy het vandag weer besoekers gehad en het lekker met hulle gekuier. Sy is tans in die bed baie besig met haar selfoon om SMS'e te stuur. Moet dus nie verbaas wees as sy dalk van haar laat hoor nie. Ek het ook pas verneem dat haar hoofpyn vandag baie beter is.

Tot later
Dirk

No comments: