Sunday, September 7, 2008

Sondag 7 September 2008 10h30


Ek en Christa was vanoggend by Colleen. Ons het haar gekry in die eetkamer waar sy in 'n stoel gesit en slaap het. Die eerste ding wat sy gevra het is of ons haar nou kom haal. Sy se" Ek kan nie hier bly nie, die mense is nie soos ek nie, ek wil liewer by die huis gaan slaap". Toe ons in die saal kom nadat ons koffie gedrink het, het ons al haar goed gekry in sakke. Skynbaar het sy alles reeds ingepak sodat sy kan huistoe gaan. Hoewel sy ons almal herken, is sy maar baie deurmekaar. Sy wil met alle geweld vir haar 'n nuwe perdrybroek gaan koop asook die vrou gaan sien wat haar, Johann en Barbara se baadjies moet maak vir die UK vakansie. Dit is maar nie maklik nie, veral nie om haar so te sien nie. Sy kla haar kop is baie seer asook haar gesig. Dit is maar baie geswel en gaan nog 'n hele tyd neem voordat dit gaan verbeter.
Foto: Colleen besig om foto's te wys vir een van die verpleegsters

Sy kry medikasie vir die pyn en swellings asook iets om haar meer rustig te hou. Rus sal help om die herstelproses te bespoedig. Sy het steeds geen rekolleksie oor die gebeure nie, sy wil ook niks weet van wat gebeur het nie. Dink asb steeds aan haar en bid asb steeds vir haar, sy het dit baie nodig. Ons kan maar net vertrou dat sy volkome sal herstel. Besoek ure is 15h00 tot 16h00 en saans vanaf 19h00 tot 20h00. Gaan loer gerus in by haar. Groete Dirk

No comments: