Sunday, September 14, 2008

Sondag 14 September 2008

Ek het Colleen gistermiddag op die plaas besoek. Ek was verras om te sien dat sy aansienlik beter is as die vorige twee dae. Die feit dat sy terug is by die huis dink ek het hiertoe bygedra. Sy gesels baie lekker en verstaan nou vir die eerste keer wat presies met haar gebeur het. Sy kyk terug en verwys na al die snaakshede wat sy aangevang het. Dit wil my voorkom of sy glad nie meer deurmekaar is nie. Ek was heeltemal verstom oor haar vordering. Sy is steeds nog swak en raak baie gou moeg. Sy moet soveel as moontlik rus kry die volgende tyd. Indien mense met haar telefonies praat wil ek asb vra dat hulle dit asb kort moet hou, aangesien dit nog baie uitputtend vir haar is. Sy konsentreer baie hard as sy praat en dit maak haar moeg. Tot volgende keer groete Dirk

No comments: