Colleen was vrydag by Dr Coetzee, die neuroloog. Hy is baie tevrede met haar vordering en het gese hulle kan die been terug plaas in die skedel so gou as moontlik. Sy mag egter vir 'n jaar nie perdry nie. Johann sal Maandag die nodige reelings tref met Dr Coetzee vir die operasie. Ek sal julle so spoedig moontlik in kennis stel sodra ek 'n datum het. Hoewel sy baie goed vorder is daar sekere goed wat sy nie kan onthou nie. Sy sukkel byvoorbeeld met name vir algemene goed soos byvoorbeeld, Lasagne, Jogurt, en Muesli ens ens. Dr Coetzee het voorgestel dat sy die goed waarmee sy sukkel moet neerskryf.
Sy het Vrydag 'n redelike lang dag gehad, het ook die aand op Malmesbury by ons ander suster gaan kuier en eers ongveer 23H00 in die bed gekom. Sy het 'n vreeslike hoofpyn onwikkel en besef sy moet maar rustiger verkeer. Saterdag het sy rustig spandeer en het vandag heelwat beter gevoel. So sy sal dit maar rustiger moet neem.
Hou maar die Blog dop vir verdere brokkies nuus. Ek weet ek skryf nie meer so gereeld nie, maar ek sal die nuuste nuus altyd vertel. Baie dankie vir almal se ondersteuning dit beteken regtig baie. Baie groete van my en Colleen tot volgende keer !! Dirk
Sunday, October 5, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment