Net 'n vinnige update oor Colleen. Dit gaan baie goed met haar, hoewel sy steeds nog baie gou moeg raak. Sy kla steeds van hoofpyn, asook dat sy meer gevoel begin terug kry in haar kop. Volgens haar voel dit of dit meer lewendig raak. Die swelling is ook nou bykans heeltemal weg. Die opening inhaar skedel is nou duidelik sigbaar vandat die swelling gesak het. Neurologies dink ek het sy goed gevorder. Haar geheue blyk heel goed te wees en sy kom normaal voor. Sy het begrip vir haar omstandighede en haar beperkinge.
Colleen het 'n afspraak by die Neuroloog eerskomende Vrydag. Ons wag inspanning om te hoor wat hy gaan se oor haar vordering en die moontlikheid van die volgende operasie. Sy hoop dat dit gou sal wees sodat sy, weer vinnig gesond kan raak. Dit sal ons egter eers Vrydag kan verneem. So hou dus maar die blog dop vir verdere nuus!!!!
Sy het 'n koordlose telefoon so julle is welkom om haar te skakel en self 'n bietjie met haar te gesels. Tot Later. Groete Dirk
Monday, September 29, 2008
Tuesday, September 23, 2008
23 September 2008
Hiermee wil ek graag almal op hoogte bring met Colleen se vordering. Vandat sy by die huis gekom het, het sy sommer vinnig vordering gemaak. Haar neurologiese toestand het ongelooflik verbeter. Sy het egter nog steeds die dronk kop en raak steeds gou moeg. Die meeste mense het seker teen hierdie tyd al met haar gepraat of haar reeds besoek. Ek dink Colleen is baie gelukkig om so spoedig te kon herstel, dit is 'n absolute wonderwerk en 'n genade. Ek het verskeie artikels gelees oor mense wat soort gelyke ongelukke gehad het. Ek het ook mediese artikels gelees oor verskillende brein beserings en die ooreenkomstige prognoses.
Dit kon veel erger gewees het met 'n baie langer herstel proses. Daar is soveel wat kon verkeerd gegaan het. Ons is egter dankbaar dat dit nie gebeur het nie en dat sy so lig van dit afgekom het. Sodra sy genoeg aangesterk het, en die neuroloog tevrede is, sal sy gaan vir die volgende operasie om die opening in die skedel weer toe te maak.
Hou maar die blog dop vir verdere nuus. Groete tot volgende keer!!! Dirk
Sunday, September 14, 2008
Sondag 14 September 2008
Ek het Colleen gistermiddag op die plaas besoek. Ek was verras om te sien dat sy aansienlik beter is as die vorige twee dae. Die feit dat sy terug is by die huis dink ek het hiertoe bygedra. Sy gesels baie lekker en verstaan nou vir die eerste keer wat presies met haar gebeur het. Sy kyk terug en verwys na al die snaakshede wat sy aangevang het. Dit wil my voorkom of sy glad nie meer deurmekaar is nie. Ek was heeltemal verstom oor haar vordering. Sy is steeds nog swak en raak baie gou moeg. Sy moet soveel as moontlik rus kry die volgende tyd. Indien mense met haar telefonies praat wil ek asb vra dat hulle dit asb kort moet hou, aangesien dit nog baie uitputtend vir haar is. Sy konsentreer baie hard as sy praat en dit maak haar moeg. Tot volgende keer groete Dirk
Thursday, September 11, 2008
COLLEEN IS BY DIE HUIS

Colleen het gistermiddag uit die hospitaal gekom en is tans by die huis Sy lyk al baie beter, en daar is merkbare vordering tov die feit dat sy minder deurmekaar praat. Sy kla konstant van hoofpyn, maar dit sal met die verloop van tyd verbeter. Sy is baie rustiger vandat sy by die huis is. Daar is egter iemand wat haar 24 uur van die dag oppas ter wille van haar eie veiligheid. Van tyd tot tyd is sy nog bietjie dronk in die kop, maar ten spyte daarvan stap sy rond. Dit is merkwaardig om te sien hoe sy herstel het van haar ongeluk. Dit is moeilik om te glo dat dit die selfde persoon is wat onlangs nog aan 'n ventilator gekoppel was.
Sy het vandag weer besoekers gehad en het lekker met hulle gekuier. Sy is tans in die bed baie besig met haar selfoon om SMS'e te stuur. Moet dus nie verbaas wees as sy dalk van haar laat hoor nie. Ek het ook pas verneem dat haar hoofpyn vandag baie beter is.
Tot later
Dirk
Sy het vandag weer besoekers gehad en het lekker met hulle gekuier. Sy is tans in die bed baie besig met haar selfoon om SMS'e te stuur. Moet dus nie verbaas wees as sy dalk van haar laat hoor nie. Ek het ook pas verneem dat haar hoofpyn vandag baie beter is.
Tot later
Dirk
Tuesday, September 9, 2008
Colleen Gaan Huistoe !!
Colleen gaan more huistoe. Die dokter het voorgestel dat Colleen huistoe moet kom en dat Johann liewer iemand moet kry wat na haar kan omsien by die huis. Die dokter is bang dat sy depressief gaan raak in die hospitaal omdat sy nie daar wil bly nie. Sy kan by die huis ook aansterk en rus. Sy het op hierdie stadium nie verpleeging nodig nie, maar wel iemand om haar op te pas. Sy sal steeds arbiedsterapie en spraakterapie ontvang. Ons vertrou dat die bekende omgewing sommer baie gaan bydra tot 'n spoedige herstel. Ek sal steeds elke dag rapporteer op die blog oor haar vordering en hoe dit met haar gaan.
Ek wil weereens almal bedank vir alles wat hulle gedoen het om Colleen te ondersteun in hierdie moeilike tyd. Baie dankie vir alle skenkings aan die Colleen Loubser Trust. Dit word opreg waardeer. Baie dankie ook vir al die sms'e en oproepe en belangstelling dit beteken baie vir ons as familie, Johann en Melt.
Groete tot more
Dirk
Tuesday
Colleen has been moved to intercare in durbanville for the next four weeks ,she is doing well and all she wants to do is GO HOME .
if you go and visit her ,she will want to go home with you and dont be surpised she has her bags packed and waiting ......
it is amazing to she how colleen is recovering and getting stronger everyday .
paulette
if you go and visit her ,she will want to go home with you and dont be surpised she has her bags packed and waiting ......
it is amazing to she how colleen is recovering and getting stronger everyday .
paulette
Monday, September 8, 2008
Maandag 8 September 2008 10h30
As julle Colleen besoek, gaan sy in alle waarskynlikheid vir julle vra om vir Johann te bel terwyl julle daar is. Moet asb nie bel nie. SĂȘ dat julle nie 'n selfoon by julle het nie. Die rede is dat sy nie daar wil bly nie en aanmekaar wil bel om te vra wanneer ons/Johann haar kom haal.
Groete Dirk
Groete Dirk
Sunday, September 7, 2008
Sondag 7 September 2008 10h30

Ek en Christa was vanoggend by Colleen. Ons het haar gekry in die eetkamer waar sy in 'n stoel gesit en slaap het. Die eerste ding wat sy gevra het is of ons haar nou kom haal. Sy se" Ek kan nie hier bly nie, die mense is nie soos ek nie, ek wil liewer by die huis gaan slaap". Toe ons in die saal kom nadat ons koffie gedrink het, het ons al haar goed gekry in sakke. Skynbaar het sy alles reeds ingepak sodat sy kan huistoe gaan. Hoewel sy ons almal herken, is sy maar baie deurmekaar. Sy wil met alle geweld vir haar 'n nuwe perdrybroek gaan koop asook die vrou gaan sien wat haar, Johann en Barbara se baadjies moet maak vir die UK vakansie. Dit is maar nie maklik nie, veral nie om haar so te sien nie. Sy kla haar kop is baie seer asook haar gesig. Dit is maar baie geswel en gaan nog 'n hele tyd neem voordat dit gaan verbeter.
Foto: Colleen besig om foto's te wys vir een van die verpleegsters
Sy kry medikasie vir die pyn en swellings asook iets om haar meer rustig te hou. Rus sal help om die herstelproses te bespoedig. Sy het steeds geen rekolleksie oor die gebeure nie, sy wil ook niks weet van wat gebeur het nie. Dink asb steeds aan haar en bid asb steeds vir haar, sy het dit baie nodig. Ons kan maar net vertrou dat sy volkome sal herstel. Besoek ure is 15h00 tot 16h00 en saans vanaf 19h00 tot 20h00. Gaan loer gerus in by haar. Groete Dirk
Subscribe to:
Posts (Atom)